News Article
Hoogste wins wêreldwyd
5 April 2006

"SA handelseiendom lewer hoogste wins”
SakeBurger 5 April 2006

In die hierbovermelde artikel, berig Elma Kloppers dat SA handelseiendom die hoogste wins wêreldwyd getoon het vir die periode 2005, met ‘n totale opbrengs van 30,1%.

Sy berig dat voormelde prestasie, SA se eiendomsektor vierkantig in die radarskerm van buitelandse beleggers te plaas. Hierdie syfers is verkry vanuit die databasis van Veesa (Suid Afrikaanse Vereniging vir Eiendomseienaars), en Investment Property Databank (IPD). Mnr. Simon Fairchild, direkteur van IPD in Brittanje, beskryf dit as die sterkste opbrengs in die dekade, en dubbel die gemiddeld van die vier ander lande wat reeds hulle resultate bekend gemaak het. Hy beweer die reële opbrengs beloop 25,8%, en dit sal moeilik wees vir enige ander land om hierdie syfer te klop. Suid-Afrika is gevolg deur Brittanje, met ‘n totale opbrengs van 19,1%, Kanada met 18,7%, Swede met 12,7%, en Nederland met 10,2%.

Kloppers berig verder dat die stewige hupstoot verkry is deur ‘n skerp toename in kapitaalgroei van 11,7% in 2004 tot 18,1%. Sy sê in hierdie artikel dat die twee dryfvere tot die verbeterde kapitaalgroei was die stewige netto-inkomstegroei van 9,2%, vergeleke met 8,4% in 2004, en leegstaankoerse wat verder afgeneem het tot 5,3% van 7,8% die vorige jaar.

Mnr. Stan Garrun, besturende direkteur van IPD SA, sê dat die groei kan direk toegeskryf word aan maatskaplik-ekonomiese normalisasie en bemagtiging wat die sektor op gelyke vlak met ander beleggings plaas. Sy gevoel is dat buitelandse beleggers nie so verteenwoordigend is soos wat hy verwag het nie, maar hy meen dis ‘n kwessie van tyd voor die toeloop na hierdie sektor as belegging begin.

Vanuit voormelde artikel is dit duidelik dat daar groot vertroue heers onder die handelseiendom-sektor, welke vertroue eersdaags geregverdig behoort te word by wyse van buitelandse belegging in hierdie sektor. Daar is ‘n Latynse gesegde “ Res ipsa loquitur” – die feite spreek vanself - wat op voormelde van toepassing gemaak kan word.  

Kommentaar: Izak van Niekerk
Bluezone Property Investments (Pty) Ltd   

   
SITEMAP